{"product_id":"corning-ware-oondbak","title":"Corning ware oondbak","description":"\u003cp\u003eEk is seker dit was hierdie oondbak waarvan die vrou in die volgende storie gepraat het: Sy het skaapboud gemaak en die een punt afgesny voor sy dit in die oond gesit het. Haar dogtertjie wou weet hoekom sy dit doen.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\"Ek weet nie,\" het die vrou geantwoord, \"dis hoe ek by jou ouma geleer het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eToe die ouma later opdaag vir ete, besluit die ma en dogtertjie om haar te vra oor die skaapboud se punt wat afgesny moet word.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\"Ek weet nie,\" het die ouma geantwoord, \"ek't gesien my ma doen dit so.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOmdat die oumagrootjie steeds geleef het, het hulle almal die volgende dag by haar in die aftreeoord gaan tee drink om oor skaapbout se afgesnyde punt te vra.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie oumagrootjie het verbaas gefrons: \"Die oondbak wat ek gehad was te klein vir die hele boud.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eNou ja, maak van die storie wat jy moet. x\u003cimg\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eKry vir jou\u003c\/strong\u003e 'n oondbak. \u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOns Onthougoed het net een item van elke, maar kom loer gereeld in - ons lys kort-kort heerlike herinneringe.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cimg\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Kry Vir Jou","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44782685814854,"sku":"BB2603#012","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0714\/0137\/3766\/files\/CorningWare_casserole_dish_3.png?v=1774355577","url":"https:\/\/kryvirjou.com\/products\/corning-ware-oondbak","provider":"Kry Vir Jou","version":"1.0","type":"link"}