Hamba Jeans is by Kry vir Jou beskikbaar - aanlyn, of kom pas aan as jy in Bloemfontein bly of hier deurry. Stuur net vir ons 'n boodskap, dan reel ons die passery. Hierdie broeke word in Suid-Afrika gemaak en ontwerp deur 'n baie cool tannie (net soos die meeste produkte wat jy hier kan kry). Dis super gemaklik, rek en strek in enige posisie, en is perfek vir dans, werk, en kerk! Jy kan dit so formeel of informeel laat lyk soos wat jy verkies. Hierdie broek is nie vol dinge nie - dit maak nes jy smaak.
Ons het al die groottes as jy wil kom pas, maar as jy 'n kleur soek wat nie op ons rak is nie, sal jy so 'n dag of drie moet wag ❤️Ons sal vir jou 'n boodskap stuur om te laat weet hoe vinnig jy jou boude in 'n hamba sal hê 😉
Was in koue water, moenie tuimeldroog nie. Stryk liggies met stoom, indien nodig.