Collection: Onthougoed

Die Onthougoed is tweedehands, so dit het reeds 'n lekker persoonlikheid! 😉

Ek was nog nooit in my lewe sentimenteel nie - en dalk is ek nog steeds nie. Maar soms... soms sien ek iets wat my herinner aan roosterbrood en koffie saam met my skoolmaatjie en haar suster in hulle aaklige rooi kombuis. En ek verlang. Ek verlang na ons eie oranje-en-bruin kombuis. Die ligbloubad. Daai bruin eetware wat nie kon breek nie. My ma se perm en skouerkussings. Ai. So, hier gaan jy onthougoed kry. Dit het dalk vir niemand anders waarde nie, maar dit laat jou onthou. En vir my. 

Produkte in hierdie reeks is uniek - daar is net een van elk beskikbaar. En ek is GLAD nie 'n oudhede-kenner nie, ek hou net van goed wat my stories laat onthou. Kyk uit vir nuwe opsies wat gereeld bygevoeg word.Â