Collection: Huisgoed

Wie ook al sê "gaan groot, of gaan huis toe," het geen idee hoe graag ek huis toe gaan nie. Ek is regtig lief vir my huis, daarom sit ek nie sommer enige goed in my huis nie. En ook nie alles nie. Ons huis het 'n streng "een-in-en-een-uit" reël. Ons gaar nie op nie, het net die nodige, maar alles is uitgesoek en maak ons gelukkig. Dis die tipe goed wat jy hier kry - dinge wat die moeite werd is.