Ons storie
Ek het in 'n familie grootgeword vol cool vroue wat graag gee. In my ouma se huis was daar lekkergoed op die bedkassie, beskuit in al die blikke, bakke vol kos op die tafel, roomys in die vrieskas, selfs haar vrugtebome het oorvloedig gedra. "Kry vir jou," het sy dikwels gesê nog voor ek kon groet.
My ma is ook so - by haar huis is jy gewoonlik versadig reeds voor jy by die tafel gaan sit. Daar word gegee en gegee - kos, geskenke, liefde. Kry vir Jou is deel van my wese - soos asemhaal.

Bo sit ek op my ouma se skoot in die 70's toe alles in Suid-Afrika bruin en oranje was - die langste herfs van my lewe. Gelukkig is daar sedertdien kleur ontdek.
Hier is ek en my ma op 'n Oukersaand in die vroeë 80's - sy besig om te gee, en ek besig om te tik. Dis basies wat ons twee steeds doen ;-)
Kry vir Jou is vir cool tannies soos my ouma, my ma, deesdae ook ek, en vir JOU. Die onthougoed is tweedehands en beperk tot die item wat gelys is, die eetgoed (fudge) kan ons weer en weer maak, asook die pasgemaakte huisgoed (kussings), lyfgoed (gemakpakke en luukse tops), en ruikgoed (lyf en huisverfrissers). Die sakpas-reeks (toppies/truie) is beperk tot wat ookal daardie seisoen ons oog vang.
Maar behalwe vir die produkte op ons blad, hoop ons dat jy die stories ook sal geniet. Ons winkel is met woorde gebou sodat jy 'n bietjie langer hier sal bly. Dis lekker as cool tannies by ons kuier :-)
(O, ja, ons is grootliks Afrikaans - nie suiwer Afrikaans nie. Ons skryf soos ons praat en breek die reëls graag. Omrede ons ook in 'n aanlyn landskap beweeg is sommige teks in Engels.)
Hoekom hier koop?
Kwaliteit wat jy kan vertrou
Elke produk is noukeurig uitgesoek - en wanneer iets bietjie goedkoper is, sal ons jou sê.
Vinnige en betroubare versending
Ons handel bestellings vinnig af, en verseker veilige aflewering - ons laat weet jou ook sodra jou bestelling op pad is.
Maklike omruil en terugstuur proses.
Ons wil hê jy moet tevrede wees! As iets nie reg is nie, maak ons omruil en terugstuur eenvoudig en stresvry (sien die terugbetalingsbeleid onderaan hierdie bladsy vir meer inligting).