Collection: Woordemark

Ek is lief vir woorde - deurgeleefde woorde, mens woorde, praat woorde, nie pretensieuse woorde nie. Elke produk op Kry vir Jou word so mooi (en ook so kort) as moontlik met woorde beskryf deur 'n storie daaroor te vertel. Maar hier is ook 'n spesiale plek NET vir woorde - kort meditasies, kaartjies, en nog 'n hele paar ander woord-produkte wat met verloop van tyd sal volg. Kry vir Jou iets om te lees of te luister.