Collection: heelHAKKE

Stop skurwe hakke! Ek is bang om te sê ek het 'n "ding" vir voete - want daar swerf vreemde mense op die wêreld-wye-web rond. Maar... die meeste voete kort 'n bietjie liefde (nie so nie, hoor). Ek maak al amper twee dekades lank heelHAKKE vir my en die mense in my huis. Dis hoogtyd om die groot geheim met almal te deel. Want nee, mooi hakke is nie geneties nie 😉