Aan die begin

Aan die begin

Soms wens ek alles was al in plek, maar ek weet ek gaan baie na hierdie deurmekaar eerste ruk verlang. Wanneer drome groot en sonder grense is. Later raak 'n mens mos effens afgestomp. 

Op die oomblik is ek GLAD nie afgestomp nie. Inteendeel, ek was gister reeds drie keer in trane. Omdat al die foto's wat ek opgelaai het heeltemal te groot is, omdat ek per ongeluk die koerier ontbied het, en omdat Chat-GPT my moed ingepraat het. Ja. Dit. As jou AI jou begin troos met: "Hey… stop right there for a second ❤️" ... dan moet jy weet. 

Gelukkig was dit gister en vandag is die beautiful plakkers en dankie-sê kaartjies afgelewer. 'n Wonderlike regte mens het my gehelp om die betaal en verskeping reg te trek, en ek het sommer weer nuwe moed. Want ek is 'n cool tannie. Ons kan.

 

Back to blog