Flop, flop die bult op

Flop, flop die bult op

Ek het die afgelope naweek ure aaneen nuwe produkte ontwikkel in Kry vir Jou se vier reuke: Woudlig, Bergtop, Droomdag, en Sonsoen. Die reuke is perfek, daarom wil ek dit so graag in meer vorms verpak - maar nie elke poging is suksesvol nie. 

Nes ek wil-wil moedeloos raak, waardeer ek die skoonheid van die lekkerste reuke wat my omring. Dis amper soos daai eerste mislukte pannekoek wat byna lekkerder is as al die ander perfekte rolletjies. Solank dinge nie verbrand nie, is floppies heerlik. En baie, baie werd. 

Het jy geweet Post-Its en Bubble Wrap was flops? Jip, blykbaar moes Post-Its vir ewig geplak het en Bubble Wrap was muurpapier - of so iets. Nou ek weet nie of enigiets wat die afgelope naweek by Kry vir Jou skeefgeloop het 'n treffer gaan word nie, maar dit gaan my beslis nie keer om uiteindelik die regte resep te kry nie.

Gelukkig was daar nie net floppies nie...binnekort gaan jy die lekkerste, heerlikste voet kan voor sit. Hou dop. 

 

Back to blog