Gepos

Gepos

Ek hoop nie dit gaan altyd 'n uur vat om een produk te pak nie! Glo darem nie. Dis verstommend hoe vinnig 'n mens vaardighede aanleer. Onthou jy nog hoe ongelooflik ingewikkeld dit was om te leer bestuur? En dit is! Jy het net so gewoond geraak daaraan dat dit byna tweede natuur is. 

Ek hoop regtig ons leer om vinniger te pak, maar ek wil ook nooit vergeet hoe intens en opwindend daardie eerste pakkies was nie. Al wil ek dit vinniger kan doen, wil ek nie regtig gewoond raak daaraan nie. 

Dit is ook moontlik dat ek Kry vir Jou se verpakking heeltemal ge-"over engineer" het. Dis in 'n sakkie met 'n plakker en kaartjie in 'n boksie met 'n plakker in 'n pakkie met 'n... jy kry die idee 😉   

Back to blog