'n Soete storie
Share
Vandat die naam Kry vir Jou in my kop begin speel het as 'n moontlike handelsmerk, wou ek sê: "Kry vir jou 'n koekie!" Maar... om die regte koekie te kry was omtrent 'n storie. Dit moes lekker genoeg, bekostigbaar, uniek, en vervoerbaar wees. Nogal 'n "tall order", maar ek het bly glo die regte koekie sal by ons uitkom. En dit het.
Bella is seker een van die mees talentvolle jongmense wat ek ken. Sy ken haar storie, hoor. Alles wat by haar kombuis uitkom, is verruklik lekker. Jy kan die kwaliteit en liefde in elke happie proe. En soos wat dit enige meester betaam, laat sy dit so maklik en eenvoudig lyk. Sy bak met soveel styl en spoed dat ek amper my hele lewe begin bevraagteken.
Dankie tog vir mense soos Bella. En dan is sy boonop nederig ook - totaal onbewus van die oormaat vaardighede wat sy het.
So, my liewe mens, kry vir jou 'n koekie 😉 want jy kan nie op hierdie aarde beweeg sonder om te proe hoe ongekunstelde en oorvloedige talent smaak nie.