'n Stil storie

'n Stil storie

Daar is so baie dinge in die lewe wat ek wil maar nie kan nie. Goed soos vinnig hardloop, klere maak, Frans praat ... en mediteer. Glo vir my, ek het al hierdie dinge al probeer - dis 'n gesukkel, hoor. Elke mens se talente is seker maar beperk sodat ons mekaar nie verveel nie. Dink nou net hoe dit sou gegaan het as almal alles ewe goed kon doen. 

Is meditasie dan ook 'n talent? Ek het al so baie daaroor gelees en gesluister en almal is dit eens - dis wonderlik vir jou brein. Daai oomblik van stilte tussen twee gedagtes, daardie asemskep in 'n ruimte van niks. Soos 'n "reset" in jou kop. Dit klink wonderlik. Hoekom kan ek dit nie regkry nie?

Toe besluit ek om op my eie manier te mediteer. Dit is seker eintlik meer 'n oordenking, maar in plaas van stilte, doen ek dit met woorde. 'n Storie. En op 'n manier, help dit om my kop kalmer te kry. Ek het besluit om 'n paar van hierdie oordenkings op te neem en te verpak saam met elektroniese kaartjies wat ook uitgedruk kan word. En siedaar - nog 'n produkreeks ontstaan. Dit was soooooo lekker om dit te maak, ek hoop ek kan dit gou weer doen. 

X.

 

Back to blog