Pak(kie) vat
Share
Verpakking is 'n storie. Heeltemal op sy eie, hoor. Ek wil graag hê dit moet lyk asof jou beste vriendin die goed vir jou stuur - nie te kommersieël nie, maar sy het ook BAIE moeite gedoen. Ons kan seker alles in sakkie druk en vir die koerier gee, maar ek het ander idees. 😉
Verpakking is ook duur, veral as jy dit ordentlik doen. Die boksies moet stewig genoeg wees sodat jy dit nie sommer kan plat sit nie (ek het probeer), en dit moet 'n koerier se slegste dag kan oorleef.
Gedurende ons toetsfase het net een sakkie se fudge gesmelt (dit was warmer as 40ºC 👀so dit is nie die fudge se skuld nie). Ons het planne gemaak, maar as dit ooit weer gebeur sal ons vir jou 'n nuwe besending stuur - op 'n koeler dag!
Ek het op 'n kol skoonheidsprodukte aanlyn bestel en dit het lieflike verpakking gehad. Selfs my man het gesê: "Dink hoe lekker is dit om daar te werk en alles so mooi te verpak." Nou, ja. Dit is wat ons doen. Ons verpak alles met sorg en moeite sodat jy Kry vir Jou vanaf die eerste oomblik kan beleef.