Ruik net daar!

Ruik net daar!

Ek is mal oor lekker reuke - dalk maller as die meeste ander mense. Maar hierdie obsessie is moontlik uit trauma gebore, want ek is super reuksensitief. LO (liggaamsoefening) op skool is my aakligste herinnering - nie omdat ek nie wou beweeg nie, maar al daai kannetjies Je t'aime wat agterna in die badkamer leeggespuit het gee my tot vandag toe nagmerries. 

Dit het my onmiddellik hoofpyn gegee en ek kon dit tot die volgende dag proe. Urgh. My maag draai sommer. Destyds het ek gedink my lot is beseël - ek sal nooit kan lekker ruik nie, want ek kan nie daai goed spuit nie. So, ek het maar Lux lyfroom gesmeer en gehoop vir die beste. 

Op universiteit het ek ontdek dat die meeste ontwerpersparfuum dieselfde effek het. Ek was beslis nie welaf genoeg om daarvan te koop nie, maar in die groot stad waar ek gaan studeer, was winkels waar jy daarvan kon aanspuit. Ek is doodseker daarvan hulle het geweet die studente kom spuit net sonder om ooit te koop, maar hulle het ons toegelaat. 

Vroeg in my twintigs het ek essensiële olies ontdek, en 'n hele nuwe wêreld het vir my oopgegaan. Ek kon self goed maak wat lekker ruik en hoofpynvry daarby😉. Maar essensiële olies is nie speelgoed nie; daarom het ek 'n aromaterapie-diploma voltooi. Room mist is gelukkig die veiligste omdat die konsentraat laag is, en jy dit in die lug of naby lap sproei - nie direk op jou vel nie. Daarom het Kry vir Jou met lekkerLUG begin as deel van die Ruikgoed-reeks. 

Dit was heerlik om daaraan te werk en om die reuke in my gedagtes gestalte te gee. En ek het reeds die grootste kompliment gekry - iemand het gesê: "Ek sal beslis Cindé se room mist koop, want haar huis ruik altyd lekker." 

Back to blog