Voete vir 'n vale
Share
Kleintyd het ek altyd onder die kerkbank gaan lê en vir die tannies agter ons se skoene gekyk. Die meeste vroue wat ek ken, love skoene - ek wonder of iemand al 'n studie daaroor gedoen het? Iets wat verduidelik hoekom ons so baie daarvan hou.
Deesdae stel ek ook baie belang in voet-gesondheid - dis nogal 'n gier, hoor. Ek doen deesdae getrou voet-oefeninge en gelukkig smeer ek al dekadeslank heelHAKKE aan. So my voete lyk ook gesond :-)
heelHAKKE was aanvanklik 'n familieresep wat ek met verloop van tyd verfyn en vernuwe het. So, dit wat jy nou by Kry vir Jou in 'n oulik wit potjie koop, ruik heerlik. Elkeen van die vier geure (Woulig, Bergtop, Droomdag, en Sonsoen) word met esseniële olies gemeng wat goed vir jou vel is, en vir jou gemoed.
Kry vir Jou gelukkige, gesonde voete!
(Van my gesinslede smeer dit ook aan hande, voorkoppe, en wie weet waar...dis towerpotjies in ons huis - maak alles beter.)