Skip to product information
1 of 15

Fudge vir jou

Fudge vir jou

Regular price R 360.00
Regular price Sale price R 360.00
Sale Sold out
Taxes included. Shipping calculated at checkout.
Quantity

Min dinge herinner my meer aan grootwordjare as my ma se fudge. Veral daardie warm krummels wat sy uit die pot uit gekrap het nadat die pan van vuurwarm versoeking vol was. Dis in die jare voordat ek geweet het van kalorieë, verfynde suiker, en alles wat my lewe as grootmens so inperk... hoe onnodig! Kry vir jou of iemand waarvan jy hou 'n boksie soet-sonde. Daar is 4 boksies in elke verpakking. Jy kan die 4 boksies meng en pas soos wat jy wil - elke boksie bevat een geur (kondensmelk, sout-karamel, koffie, sjokolade-beskuitjie). Elke boksie het 3 sakkies in met elk 4 blokkies fudge (12 blokkies per boksie, en 48 blokkies in totaal), elke blokkie is so ongeveer 3x3cm. Dis tuisgemaak, daarom mag die blokkies effens van mekaar verskil.

Gewone fudge: ook bekend as kondensmelk fudge, stroopsoet en heerlik. 

Sout-karamel fudge: my gunsteling! Oeg, daardie stoute sout smaak wat agter die soet skuil is al wat ek eintlik ooit wil proe. 

Koffie fudge: my ander gunsteling - want koffie is my gunsteling ding om te drink. Bittersoet was nog nooit so lekker nie. 

Sjokoladebeskuitjie fudge: almal se gunsteling! Toe ek grootgeword het was die blikke in ons huis pal vol van hierdie blokkies - so ek is amper uitgeeet daaraan. Maar duidelik nie die res van die wêreld nie 🙃

Kry vir Jou fudge.

Afhangende van ons voorraadvlakke en bestelvolume kan dit 3 tot 10 werksdae duur om die produk te vervaardig. Ons laat weet jou sodra dit gestuur is. 

Kies jou gunsteling kombinasie van 4 boksies
View full details
Your cart
Variant Variant total Quantity Price Variant total
Een van elk
Een van elk
R 360.00/ea
R 0.00
R 360.00/ea R 0.00
2 Sjokolade beskuitjie + 1 koffie + 1 soutkaramel
2 Sjokolade beskuitjie + 1 koffie + 1 soutkaramel
R 360.00/ea
R 0.00
R 360.00/ea R 0.00
2 Sjokolade beskuitjie + 1 kondensmelk + 1 soutkaramel
2 Sjokolade beskuitjie + 1 kondensmelk + 1 soutkaramel
R 360.00/ea
R 0.00
R 360.00/ea R 0.00
2 Sjokolade beskuitjie + 1 koffie + 1 kondensmelk
2 Sjokolade beskuitjie + 1 koffie + 1 kondensmelk
R 360.00/ea
R 0.00
R 360.00/ea R 0.00

View cart
0

Total items

R 0.00

Product subtotal

Taxes included. Discounts and shipping calculated at checkout.
View cart