Koekies vir jou
Koekies vir jou
Couldn't load pickup availability
Bella bak vir ons! Sy is beslis nog nie 'n tannie nie, maar baie cool en super talentvol. Hierdie koekies is besonder lekker en tref daardie perfekte balans tussen crunchy en sag. Dis iewers tussen 'n kleinkoekie en 'n kolwyntjie (twee van my gunsteling goed). Maar wees versigtig... as jy dit eers geproe het, is niks ooit weer dieselfde nie.
Kry vir Jou koekies!
Elke boksie bevat twee verpakkings van elke geur. Die 6 ronde koekies se deursnee is +/- 8cm en die 8 brosbrood vierkante is +/- 4x4cm.
Choc-chip - dit is my gunsteling! Joeg, dis lekker. Dit neem my na 'n droomwêreld waar alles mooi en reg is. (Daar is twee ronde koekies afsonderlik verpak in die boks.)
Coffee-choc - enigiets koffie kry altyd punte by my. Hierdie is my goeie vriendin se gunsteling, sy wil nie die ander proe nie...ingeval sy dalk iets lekkerdesr ontdek 😉 (Daar is twee ronde koekies afsonderlik verpak in die boks.)
Snickerdoodle - my man se gunsteling. Geen wonder nie, want dit proe soos iets tussen 'n pannekoek en appeltert. "O, my nooi is in 'n nartjie, my man in kaneel..." 😍 (Daar is twee ronde koekies afsonderlik verpak in die boks.)
Brosbrood - jammer, hierdie is die held van alle koekies. Vir altyd. Einde van die storie. Klaar. (Daar is twee groot stukke wat elk in vier kleiner blokkies gesny is, dus vier blokkies in elke sakkie en agt in totaal).
Afhangende van ons voorraadvlakke en bestelvolume kan dit 3 tot 10 werksdae duur om die produk te vervaardig. Ons laat weet jou sodra dit gestuur is.
Share
