LekkerLUG bondel
LekkerLUG bondel
Couldn't load pickup availability
As jy soos ek is, kan jy nie net een lekkerLUG hê nie. Ek hou daarvan om reuke af te wissel en te meng. Die lekkerLUG room mist is juis so ontwikkel dat jy dit saam in een huis kan gebruik - die reuke hang ook gerieflik in enige vertrek (selfs jou kombuis 😉). Dit word met die hand gegooi en met essensiële olies gemaak.
Die bondel bevat een van elke geur, en elke botteltjie bevat 200 ml lekkerLUG. Dit sluit ook elke geur se meditasie en inspirasie digitale produk in - jy sal die aflaaiskakels kry na betaling.
Bergtop is ’n verfrissende geur wat aanklop met malva, kuier met jenewer, groet met tiemie, en jou omvou met nuwe moed en sekerheid.
Droomdag is ’n kalmerende geur wat aanklop met sitrus, kuier met parfuumboom, groet met patchouli, en jou omvou met rustige harmonie.
Sonsoen is ’n opgewekte geur wat aanklop met lemoen, kuier met bergamot, groet met kaneel, en jou omvou met lag en lig.
Woudlig is ’n ryk geur wat aanklop met salie, kuier met seder, groet met wierook, en jou omvou met ‘n diep, vaste vrede.
Share
