Sitplek kussingsloop - salm
Sitplek kussingsloop - salm
Couldn't load pickup availability
"Ek is hier." Dis wat hierdie kussing sê. Jy is ook hier, weet jy dit? Jy is hier en jy is welkom. Bont, wild, vol lewe en lag. Jy hoort hier - kry vir jou 'n kussing wat by jou pas. Aan die een kant is Kry vir Jou, en aan die ander kant 'n unieke ontwerp.
Grootte: 60cm by 60cm.
BELANGRIK: Ons verkoop net die kussingoortreksel, sonder kussingbinne. Jy kan 'n kontinentale kussing as "inner" koop - dis baie billik geprys by meeste linnewinkels (gewoonlik tussen R60 en R150). Om die binnekant saam te stuur verhoog die risko op skade aansienlik - en dit wil ons nie hê nie! Die kussingbinne is ook baie groot om te verskeep. Ons verpak eerder vir jou die oortreksel netjies en veilig in 'n boksie om die skade-risiko te beperk.
Kry vir Jou 'n kussingoortreksel.
Afhangende van ons voorraadvlakke en bestelvolume kan dit 3 tot 10 werksdae duur om die produk te vervaardig. Ons laat weet jou sodra dit gestuur is.
Share
