Collection: Ruikgoed

LekkerLUG is die beste ding wat nog ooit met my gebeur het. Daarmee kan ek myself gelukkig snuif 😉 Kleintyd het ek geweier om by 'n maatjie se huis in te gaan omdat dit snaaks (sleg) geruik het (my arme ma!!)... Hierdie vier reuke is besonders omdat jy dit saam kan gebruik, dit in enige vertrek kan gebruik, en dit van essensiële olies gemaak is. Geniet dit!